Die VF Plus in die Vrystaat sê die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal nie gesondheidsorg in die provinsie verbeter nie.  Die wetsontwerp word tans in die Vrystaat oorweeg, waarna die Nasionale Raad van Provinsies oor die NGV sal stem.  Die party sê dit is duidelik uit die onlangs afgehandelde openbare verhore dat die mense oor die algemeen ontevrede is met die toestand van, en dienste wat deur provinsiale klinieke en hospitale verskaf word.  Inwoners het kwessies geopper soos lang wagtye by klinieke, en die beskikbaarheid van medikasie en ambulanse in die provinsie.  Die VF Plus se Armand Cloete sê hierdie kwessies sal nie deur die NGV as ‘n staatsbeheerde fonds aangespreek word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×