Die VF Plus is bly dat die sogenaamde vermiste middelgroep- studente uit huishoudings wat te veel verdien om vir NSFAS-beurse te kwalifiseer maar te min om banklenings te kry, die nodige aandag kry. Volgens ‘n aankondiging deur die minister vir hoër onderwys, Blade Nzimande, kan hierdie studente voortaan vir lenings kwalifiseer, wat ook deur NSFAS geadministreer sal word. Die huishoudelike inkomste ter sprake is tussen R350 000 en R600 000 per jaar. VF Plus-LP en hoofwoordvoerder, Wynand Boshoff,  sê hulle hoop dat vereistes vir die verskillende groepe studente in ooreenstemming met mekaar gebring word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×