Die meeste opposisiepartye is gekant teen die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering. Die VF Plus onder andere meen die Nasionale Gesondheidsversekering is ʼn ANC-geskepte idee wat eindelik ook die land se private gesondheidsektor gaan vernietig. Die party sê gesondheidsorg in Suid-Afrika sal onder volle ANC-beheer in duie stort soos alles in ANC-beheer totdat daar, soos met die huidige openbare gesondheidsektor, niks van oorbly nie. Die VF Plus LP, Philip van Staden, het gister in die Nasionale Vergadering gesê die waarheid van die NGV is dat dit ʼn politieke foefie van die ANC is om stemme te kry vir die 2024-verkiesing. Hospitaalgroepe en mediese fondse is gereed om aan die Nasionale Raad vir Provinsies se openbare beraadslagingsproses deel te neem. Dit sluit openbare verhore in. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×