Wouter Wessels, die VF Plus se woordvoerder oor Finansies het vandag gesê die mediumtermyn-begrotingsraamwerk het onderstreep dat die ANC Suid-Afrika tot bankrotskap regeer het. Staatskuld is ʼn wegholtrein, munisipaliteite en staatsondernemings se skuldlas raak onhoudbaar en die staat se salarisrekening is totaal buite beheer weens die druk van vakbonde en ʼn opgeblase staatsdiens. Wessels het in ‘n verklaring gesê die minister van finansies, Enoch Godongwana, het vandag weereens nie die onvolhoubare salarisrekening effektief aangespreek nie. Daar is eerder toegewings gemaak deur ʼn gee-en-neem-situasie teenoor diensleweringsprioriteite om die aangepaste hoër salarisverhogings te bekostig. Dit terwyl menige amptenare nie bydra tot dienslewering nie en steeds baie hoër as markverwante salarisse verdien. Staatskuld beloop R5 000 miljard en beslaan nou 75% van die land se totale BBP. Die finansieringskoste hiervan is R354 miljard. Dit is meer as die jaarlikse begroting vir die polisie, die onderwys of gesondheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×