Die VF Plus sê die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, moet onthou dat Eskom nie ’n private maatskappy is nie. Dit is ʼn openbare onderneming wat deur belastinggelde in stand gebring is. Bewerings oor dié onderneming hoort dus in die openbaar en André de Ruyter het daarom die volste reg en plig om te praat oor die politieke inmengery en bedrog by die maatskappy. Die leier van die VF Plus, doktor Pieter Groenewald, sê De Ruyter het niks verkeerd gedoen nie en dit is ‘n skande hoe hy behandel is.