Die minister van justisie, Ronald Lamola, se aankondiging dat die regering die Strafproses-wet van 1977 en die strafregstelsel in Suid-Afrika in sy geheel wil hervorm, sal onmeetbare skade aan regspleging in Suid-Afrika veroorsaak het die VF-Plus gesê. Jaco Mulder, die party se woordvoerder vir Justisie, het gesê die blote aanwysing van ʼn advieskomitee bestaande uit akademici en afgetrede regspraktisyns, kan nie komplekse en funksionerende wetgewing wat oor ʼn lang tyd in plek is, vervang nie. Lamola poog om deur nuwe wetgewing verouderde apartheidswetgewing te hersien, strafsake spoediger af te handel en agterstande met hofrolle uit die weg te ruim. Regskenners meen dit sal jare neem vir die advieskomitee om die wet wat uit meer as 350 artikels bestaan, te ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×