Die staat is self ‘n groot bron van vuurwapenverskaffing aan misdadigers met geen erns om dit te keer nie. So het die VF Plus se leier, dr Pieter Groenewald in ‘n verklaring gesê nadat hy vrae aan die ministers van verdediging, polisie asook justisie en korrektiewe dienste gerig het. Die vrae handel oor staatsvuurwapens wat gesteel word juis in ‘n tyd wat druk op wettige private vuurwapen-eienaars geplaas word. Groenewald het gesê die ligte strawwe van lede wat vuurwapens of ammunisie verloor, is opvallend. Groenewald het gesê daar word voete gesleep met ondersoeke en vervolging van hierdie lede. By die weermag is 42 vuurwapens sedert 2019 tot einde verlede jaar gesteel. 33 van die wapens was R1 en R4 aanvalsgewere. Meer as 3000 patrone is vir die gewere gesteel. Die ander wapens was handwapens met ook bykans 3000 patrone wat weg is. Groenewald het gesê slegs vyf weermaglede is suksesvol aangekla, terwyl die res nie vervolg is nie. By die DKD is 18 handwapens in dieselfde tydperk gesteel. Hy het gesê die wapens is nou in misdadigers se hande.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×