Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê dit is belangrik dat Suid-Afrikaners moet kennis neem dat hulle volgende jaar slegs sal kan stem by die stempunt waar hulle geregistreer is. Dit is een van die veranderings wat intree weens wysigings aan die Kieswet. Die VF Plus het gister sy verkiesingsveldtog in Goodwood in Kaapstad bekendgestel en baie sterk daarop gefokus dat elke stem tel. Groenewald sê elke stem kan help om uiteindelik ‘n meerderheid teen die ANC te vorm.