Die VF Plus sê ‘n groep mense het gister op landbougrond by die Mooibank-hoewes by Potchefstroom toegesak en erwe begin uitmeet

 Die VF Plus sê ‘n groep mense het gister op landbougrond by die Mooibank-hoewes by Potchefstroom toegesak en erwe begin uitmeet

Die VF Plus sê ‘n groep mense het gister op landbougrond by die Mooibank-hoewes by Potchefstroom toegesak en erwe begin uitmeet vir vermeende besetting.
Die stuk grond vorm deel van die landboukollege onder die beheer van die departement van landbou, asook ‘n stuk munisipale grond.
In ‘n verklaring deur die VF Plus is die grond nie geskik vir nedersetting nie omdat dit turfagtige kleigrond is wat gereeld onder water is.
‘n Klagte teen die besetters sal by die polisie ingedien word.
Die VF Plus sê verder daar kan nie toegelaat word dat landboubedrywighede bedreig word deur roekelose en klaarblyklik politiek-gedrewe elemente in die gemeenskap nie.

LeandreAdmin@