Die VF Plus is die jongste party wat aangedui het dat dit moontlik sal deelneem aan die regering van nasionale eenheid. Die leier van die party, doktor Pieter Groenewald, het
Donderdag bevestig dat sy party ʼn uitnodiging ontvang het om deel te wees van die regering. Hy sê hulle het na deeglike oorweging besluit om betrokke te raak en die verklaring van voorneme onderteken.

Groenewald het beklemtoon dat dit ʼn voorlopige besluit is en dat die party ʼn finale besluit sal neem sodra die onderhandelings oor die voorwaardes van die regering van nasionale eenheid gefinaliseer is. Intussen sê die ANC Jeugliga se leier, Collen Malatji, die DA bepaal nie wat in die regering van nasionale eenheid gebeur nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×