Die VF Plus veroordeel die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, se daarstel van sy nuwe kabinet. Die party beskryf Lesufi se besluit om dit te doen voordat onderhandelinge met alle partye afgehandel is, as opportunisties. Advokaat Anton Alberts van die VF Plus sê Lesufi se kabinet wat nie breedweg die samestelling van die regering van nasionale eenheid op nasionale vlak reflekteer nie, is onaanvaarbaar en problematies.

Hy sê daar is ‘n gulde geleentheid verspeel om ‘n meer verteenwoordigende en redelike regering vir Gauteng daar te stel. Hy sê verder die sinvolle beleid wat die VF Plus onder andere sou kon tafel toe bring, sou Gauteng weer op ‘n ekonomiese groeitrajek kon plaas terwyl veiligheid ook drasties kon verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×