Die VF Plus het die Openbare Beskermer versoek om ondersoek in te stel na die Vrystaatse department van polisie, paaie en vervoer se mislukte padprojekte. Maroela Media berig dié department het glo tenders aan konstruksiemaatskappye toegeken wat swak werk gelewer het of wat toe nooit in staat was om die projekte te voltooi nie. Die geraamde waarde van hierdie kontrakte is nagenoeg agt-honderd 31 miljoen rand. Armand Cloete, VF Plus-LP in die provinsie, het gesê die department het nou hofsake teen die konstruksiemaatskappye aanhangig gemaak weens die swak standaard van die paaie. Hierbenewens is talle paaie nooit eers voltooi nie. Die department probeer nou om geld deur middle van regs-aksie in te win.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×