Die VF Plus verwelkom die uitspraak van regter Raymond Zondo in die Konstitusionele Hof, wat bevestig het dat die ANC-regering se implementering van die Toerisme-ekwiteitsfonds tydens die COVID-19-pandemie onwettig en rassisties was. Die uitspraak volg op ‘n aansoek deur die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, en haar departement om verlof tot appèl teen ‘n vroeëre bevel. Volgens daardie bevel was die rasgebaseerde kriteria wat gebruik is om verligting aan toerisme ondernemings tydens die pandemie te verskaf, onwettig. Die VF Plus sê hierdie uitspraak saam met die debakel rondom SA Toerisme se sokkerborgskap bewys weer eens dat die Ministerie van Toerisme nie sy mandaat en oorsigrol effektief nakom nie.