Die leier van die VF Plus, doktor Pieter Groenewald, het gesê die skade aan die land se ekonomie weens beurtkrag is enorm. Hy sê verder die elektrisiteitskrisis vernietig nie net die land se ekonomie nie, maar lei ook tot gereelde wateronderbrekings.

Volgens hom is dit onaanvaarbaar dat die Uniegebou byvoorbeeld vrygestel word van beurtkrag, maar nie lewensnoodsaaklike water-infrastruktuur nie.

Die party vra dat water-infrastruktuur in die land van beurtkrag vrygestel word.

Inwoners van plattelandse dorpe in die Vrystaat gaan onder voortslepende wateronderbrekings gebuk, as direkte gevolg van die kragkrisis.

Gewelddadige betogings oor wateronderbrekings het ook reeds in baie van hierdie dorpies uitgebreek.

Sommige inwoners het reeds vir so lank as 5 jaar geen water in hulle krane nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×