Die VF Plus sê die regering het gewone Suid-Afrikaners gefaal in terme van die ekonomie, tot so ‘n mate dat mense nou begin pensioengeld onttrek. Die VF Plus woordvoerder vir Finansies, Wouter Wessels, het in die parlement tydens ʼn debat oor die pensioen twee-pot stelsel gesê weens ekonomiese druk en stygende lewenskoste sukkel Suid-Afrikaners om kop bo water te hou.

Wessels sê die regering sleep heeltemal te lank al hul voete om die stelsel in plek te kry en dit moes al voor COVID in plek gewees het. Derduisende Suid-Afrikaners het tydens COVID hulle werke verloor en het twee tot drie jaar terug reeds die fondse nodig gehad. Hy benadruk egter dat Suid-Afrikaners verantwoordelik moet wees wanneer hulle enige fondse uit hul pensioen onttrek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×