Die VF Plus het sy kommer uitgespreek oor die toenemende agterstand van onopgeëiste liggame by staatslykhuise. Daar is ‘n landwye agterstand van 3 186 onopgeëiste liggame.
’n Tekort aan spasie by begraafplase, swak identifikasie en versuim van die naasbestaandes om die liggaam op te eis, vererger die probleem. Die VF Plus sê dit is van kardinale belang om forensiese amptenare behoorlik op te lei, digitale vingerafdrukstelsels in te stel, en om saam te werk tussen sleutelrolspelers in die begrafnisbedryf.
Die party sê nuwe staatslykhuise moet gebou word en meer begraafruimte moet beskikbaar gestel word.