Die VF Plus wil hê dat die parlement stappe neem teen die EFF se parlementslid, Busisiwe Mkhwebane.

Dit is in reaksie op Mkhwebane se beweerde rassistiese uitlatings teen lede van die regbank en twee parlementêre regsadviseurs.

Mkhwebane het vroeër vandeesweek op X geplaas dat sy vervolg word deur prokureurs en regters wat van Indiese afkoms is. Mkhwebane het in die Hoogste Hof van Appèl op die afwysing van haar saak gereageer en regter Visvanathan Ponnan gekritiseer.

Die VF Plus wil hê die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, moet Mkhwebane se kommentaar na die parlement se Magte- en Voorregtekomitee verwys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×