Die VF Plus het ʼn regsmening ingewin oor die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering.
Die die regsmening sê dat die wetsontwerp in sy huidige vorm nie sal slaag indien die grondwetlikheid daarvan in die hof uitgedaag word nie.
Die VF Plus LP, Philip van Staden, het hierdie inligting tydens ʼn sitting van die parlementêre Portefeuljekomitee vir Gesondheid voorgelê.
Van Staden sê die NGV is nie ʼn gesondheidsplan nie, maar eerder ʼn ANC nasionaliseringsaksie.