Sedert 2016 was Pieter Groenewald aan die stuur van die Vryheidsfront Plus, maar Corné Mulder is Saterdag verkies om die leisels van die party oor te neem.

Volgens Maroela Media is Mulder die partyleier in die Wes-Kaap en ook die langsdienende lid van die huidige parlement. Hy het onlangs nuusopskrifte gehaal met sy pogings om op koalisievlak met die ANC saam te werk, veral in die provinsie.

Goeie nuus vir Bloemfontein is dat ons plaaslike Wouter Wessels nou die party se nuwe voorsitter gaan wees.

Dit is wel nog onbekend hoe die nuwe VF Plus-verwikkelinge Groenewald se rol as parlementslid sal raak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×