Die vier beskuldigdes in die Siemens moord bly in aanhouding

Die hooggeregshof in Bloemfontein het gister uitspraak gelewer in die departement van korrektiewe dienste se aanvraag tot ondersoek na die langtermynaanhouding van die vier beskuldigdes in die moord op Louis Siemens.

Volgens Regter Pitso Molitsoane se bevinding is dit nie in die belang van geregtigheid om dié vier beskuldigdes uit aanhouding vry te laat nie.

Stanley Bakili, vermeende baasbrein van die moord, Clive Tshivenga, ‘n soldaat, konst. Kagisho
Chabane, ‘n hofordonnans van die landroshof in Bloemfonein en konst. Molebatsi Mogoera, ‘n speurder van die Bayswater-polisiekantoor, sal in aanhouding bly tot April wanneer hulle verhoor voortgesit word.

Luister na potgooie hieronder