Die vleis van 16 olifante, 2 seekoeie, 59 buffels en 17 rooibokke, is glo verlede jaar deur die Skukuza-wildslagpale verwerk.

Die vleis is luidens ‘n skriftelike antwoord deur Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, teen ongeveer 66 rand per kilogram aan werknemers in die Krugerwildtuin verkoop.

Creecy sê die olifante is doodgeskiet omdat hulle skade by die Skukuza-lughawe aangerig het, en die seekoeie weens skade by die Letaba-ruskamp.

Volgens Netwerk24 wou die DA se Hannah Winckler, ook weet of die buffelvleis veilig vir menslike gebruik is, aangesien sy aanvoer dat meeste van die wildtuin se buffels
met beestuberkulose besmet is.

Dit is nie duidelik of alle moontlike alternatiewe, soos byvoorbeeld hervestiging, oorweeg is voordat die diere van kant gemaak is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×