Die Suid-Afrikaanse Vloot sê die duikboot wat aan die kus van Kommetjie in nood beland het, was op pad na die Tafelbaai-hawe om die naweek aan die SA Vlootfees deel te neem. Admiraal Musawenkosi Nkomonde het gister by die Simonstad-vlootbasis aan die media gesê die fees is nou gekanselleer. Drie vlootbeamptes is dood toe hulle deur hoë golwe van die duikboot, die SAS Manthatisi meegesleur is tydens ‘n oefening waarby ‘n Lynx-helikopter personeel op die vaartuig laat sak het. Ander bemanningslede het probeer help maar is ook deur die water meegesleur. Hy het verder gesê ‘n ondersoek na die voorval sal volg sodra die vier oorlewende personeel herstel het. Intussen het familielede van luitenant kommandeur Gillian Hector, gesê sy wou sedert haar skooldae in die vloot en op die water wees. Sy was met ‘n harnas aan die duikboot vasgemaak en toe sy oorboord val, het sy teen die kant vas geslaan. Die 33-jarige Hector was die eerste vrou in Suid-Afrika om ‘n duikboot te navigeer en sy sou binnekort die eerste bevelvoerder van ‘n duikboot word. Sy het vir agt van haar 13-jaar in die vloot in ‘n duikboot deurgebring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×