Die Vlug wat Vrydag in Warskou in Pole aangehou is sal waarskynlik vandag na Suid-Afrika terugkeer. Die S-A-L-huurvlug het sowat 120 passasiers op gehad, waaronder, joernaliste, bemanningslede en lede van die presidensiële beskermingsdienste. Die passasiers kon aanvanklik nie die vliegtuig verlaat nie en was vir 26-uur aan boord gehou by die Chopin-lughawe. Die joernaliste en die president se beskermingsdienste moes hom tydens die Afrika-vredesending na Oekraïne en Rusland vergesel. Volgens Poolse owerhede was sekere permitte nie in orde nie en was daar ook passasiers aan boord waarvan hulle nie bewus was nie. Vroeer was ook berig dat daar beweerde gevaarlike items aan boord was. President Cyril Ramaphosa en die Minister van Internasionale Samewerking, Naledi Pandor sal ook vandag terugkeer.