Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het kommer uitgespreek oor geweld en die opskorting van mobiele kommunikasiedienste tydens Donderdag se algemene verkiesing in Pakistan.

Rosestad-nuus het Donderdag berig die selfoon- en internetdienste is volgens die regering as ‘n veiligheidsmaatreël opgeskort en was teen gisteraand slegs gedeeltelik herstel.

SABC-nuus berig die verkiesingskommissie het gisteraand begin stemme tel maar weens die probleme met internet toegang is die proses vertraag. Volgens voorlopige uitslae is daar nog nie ‘n duidelike voorloper onder die grootste partye nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×