Die vonnisoplegging van die Parys-5 sal na verwagting Vrydag plaasvind

Die vyf mans wat van die moord op twee plaasaanvallers in 2016 aangekla is, ook bekend as die Parys-5, sal na verwagting Vrydag in die rondgaande hof op die dorp gevonnis word.

Netwerk24 berig die 52-jarige Boeta van der Westhuizen, 55-jarige Anton Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Cor Loggenberg – albei 24 – asook 28-jarige Miela Jansen van Vuuren, is vroeër deur Regter Corné van Zyl skuldig bevind aan aanranding asook aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die gebeure volg die plaasaanval op Loedie van der Westhuizen Sr op sy plaas op 6 Januarie 2016.

Die twee aanvallers Samuel Tjixa en Simon Jubeba is na die aanval op ‘n plaas aangekeer en aangerand, waarna hulle op 7 Januarie aan hulle beserings beswyk het.

Luister na potgooie hieronder