Donald Trump, voormalige president van die VSA, het gister die eerste uit alle voormalige of dienende Amerikaanse presidente geword, met ‘n amptelike polisiefoto, of sogenaamde “mugshot”.

Volgens Eyewitness News is Trump gister in Georia in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die beweerde omverwerping van die VSA se 2020-verkiesingsuitslae.

Trump het gister aan die media gesê hy het niks verkeerd gedoen nie.

Hy sien hierdie stappe as ‘n “heksejag” in ‘n poging om sy verkiesingsveldtog vir 2024 te ontspoor.

Hy het sy amptelike polisiefoto op sosiale media geplaas, en hiermee saam, in hoofletters: “ELECTION INTERFERENCE. NEVER SURRENDER!”

Net soos Trump, het sy 18 medebeskuldigdes in die saak, hulself ook aan die owerhede oorgegee.

Trump is sedert April vanjaar vier keer strafregtelik aangekla.

Hy is op borgtog van 200 000 Amerikaanse dollar vrygelaat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×