Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het gister op sy sosialemedia-platform, Truth, aangekondig hy gaan hom Donderdag in Atlanta, Georgia aan die owerhede oorgee.
Hy het in hoofletters getik dat hy IN HEGTENIS GENEEM gaan word.
Dit spruit uit aanklagte waarvolgens hy na bewering by sameswering betrokke was om sy 2020-verkiesingsnederlaag ongedaan te probeer maak.
Trump beskryf die klagstaat as ‘n polities gemotiveerde poging om sy verkiesingsveldtog in die wiele te ry. Luidens die klagstaat word Trump en 18 ander beskuldigdes aangekla van ‘n totaal van 41 kriminele oortredings.