Voormalige minister van arbeid, Membathisi Mdladlana, is in die ouderdom van 72 oorlede. Luidens Eye Witness News is hy gisteroggend nadat hy ontbyt geëet het terwyl hy TV gekyk het, by sy huis in Kaapstad oorlede en word hy deur sy sewe kinders en kleinkinders oorleef.
President Cyril Ramaphosa het Mdladlana as ‘n pionier van die land se vakbondbeweging beskou.
Sy dood kom kort ná die dood van sy opvolger, Tito Mboweni. Volgens die presidense se woordvoerder, Vincent Magwenya neem Mdladlana se heengaan en dié van ander leiers, Suid-Afrikaners terug in tyd na die opofferings en stryd van ons verlede, die hoop waarop ons begin het om ‘n nuwe samelewing te bou en die harde werk wat dit sedertdien geverg het om die winste wat ons gemaak het te verseker.