Die voormalige bestuurshoof van Eskom en die waarnemende senior bestuurder van brandstofhulpbronne sal vandag hul getuienis hervat voor die Zondo-kommissie

 Die voormalige bestuurshoof van Eskom en die waarnemende senior bestuurder van brandstofhulpbronne sal vandag hul getuienis hervat voor die Zondo-kommissie

Die voormalige bestuurshoof van Eskom, Matshela Koko en die waarnemende senior bestuurder van brandstofhulpbronne by die kragvoorsiener, Ayanda Nteta, sal vandag albei hul getuienis hervat voor die Zondo-kommissie van ondersoek na Staatskaping.
Verlede maand het Koko ontken dat hy ‘n vergadering met ‘n Gupta-bondgenoot, Salim Essa, gehad het. Eskom se voormalige maatskappysekretaris, Suzanne Daniels, het egter getuig dat Koko met Essa vergader
het en dat die afdankings bespreek is nog voor dit plaasgevind het.
Koko het verder ontken dat hy homself as bestuurshoof ná die afdankings beskikbaar gestel het.

LeandreAdmin@