Die voormalige Bloemfonteinse burgemeestersvrou, die 77-jarige Sienie Jankowitz, is Maandag in die Mediclinic Bloemfontein aan kanker oorlede.

Sienie, die vrou van die 79-jarige Frik Jankowitz, wat van 1989 tot 1990 Bloemfontein se burgemeester was, is in Maart in die hospitaal opgeneem waar sy op 14 April na die hoësorgeenheid oorgeplaas is.

Sy is op 1 Mei op ’n ventilator geplaas nadat sy probleme met asemhaling begin ervaar het.

Die Jankowitz-egpaar het die laaste klompie jare in Stilbaai gewoon, nadat Frik uitgetree het by sy firma, Jankowitz, Van Zyl en Vennote.

Die Jankowitze is destyds in Bloemfontein as ’n model-burgemeesterspaar beskou en Sienie was op elke funksie aan Frik se sy.

Die egpaar het drie kinders, Reinet Pieters van Londen, Frikkie Jankowitz van Perth en Heinrich Jankowitz van Melbourne.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×