Die voormalige formule-1 renjaer, Ralf Schumacher, het hom sterk uitgespreek oor sy Duitse landgenoot, Sebastian Vettel se gemor

 Die voormalige formule-1 renjaer, Ralf Schumacher, het hom sterk uitgespreek oor sy Duitse landgenoot, Sebastian Vettel se gemor

Die voormalige formule-1 renjaer, Ralf Schumacher, het hom sterk uitgespreek oor sy Duitse landgenoot, Sebastian Vettel se gemor.

Schumacher het volgens Netwerk24 gesê dat Vettel moet ophou kla en sy tyd in die sport begin geniet.

Nadat Vettel se agteruitgang in sy Aston Martin duidelik sigbaar is sedert die Duitse Grand-Prix in 2018 het sy 2021-seisoen ook rampspoedig begin toe hy 15de geëindig het in die eerste Grand-Prix van die jaar en boonop ook 5 x strafpunte op die
hals gehaal het.

Ralf Schumacher het genoem dat Vettel homself op die positiewe moet toespits, vrede maak met sy spanmaats en eerder probeer om sy peil te herwin.

LeandreAdmin@