Verrigtinge by die Life Esidimeni-ondersoek is gister ontwrig ná besware van sommige van die prokureurs oor die getuienis wat ingedien is.

Die voormalige hoof van Geestesgesondheid in Gauteng, Makgabo Manamela, het vir ʼn tweede dag na die getuiebank teruggekeer.

Manamela het vrae beantwoord oor haar rol in die 2016-tragedie toe 144 pasiënte dood is.

Verrigtinge is egter vir ’n tweede keer uitgestel, nadat Manamela getuienis gelewer het uit aantekeninge wat nie as getuienis ingedien is nie.

Regter Jowie Teffo, het ’n beroep op Manamela se prokureurs gedoen om hulle huis in orde te kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×