Die voormalige Springbok-losvoorspeler, Jacques Potgieter, se veelsydigheid, het hom op die Cheetahs se inkopielys laat beland

Die voormalige Springbok-losvoorspeler, Jacques Potgieter, se veelsydigheid, het hom op die Cheetahs se inkopielys laat beland.

So skryf Netwerk24.

Volgens Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, is Potgieter in hulle vissier omdat hy op flank en op slot gebruik kan word.

Volgens Fourie sal Potgieter Vrydag vandeesweek aanmeld vir ‘n reeks van toetse in Bloemfontein.

Onderandere sal hy mediese toetse ondergaan asook fiksheidstoetse.

Fourie sê ‘n besluit sal daarna geneem word.

Potgieter het nog nie weer groot rugby gespeel sedert sy terugkeer na Pretoria van Frankryk in 2019 nie.

Luister na potgooie hieronder