Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, sy vrou en sy stiefdogter is vanoggend op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem.

Hulle inhegtenisneming hou skynbaar verband met ‘n multimiljardrand-kontrak wat Eskom in 2015 met die Switserse ingenieursmaatskappy Asea Brown Bovei aangegaan het.

Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, het gesê agt mense sal vandag in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Rosestad-nuus het in Junie berig Eskom se huidige uitvoerende hoof, André de Ruyter, het gesê hoewel hy meen dat oplossings vir Suid-Afrika se kragprobleme binne Eskom se bereik is, word dit dikwels deur onder meer grootskaalse korrupsie gepootjie.

Daar is ook later wyd in die media berig dat De Ruyter alle ondersoeke na korrupsie in Eskom-geledere verwelkom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×