Die voorsittende beampte van die Nasionale Vergadering sê sy het gevrees vir die veiligheid van die minister van Openbare Ondernemings verlede jaar

Die voorsittende beampte van die Nasionale Vergadering, Mmatlala Boroto, sê sy het gevrees vir die veiligheid van die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, verlede jaar.
Dit was toe EFF lede op hom afgestorm het voor sy toespraak by die begrotingsrede.
Sy sê dit was omdat EFF-lede vroeër gedreig het dat hulle die minister nie sal toelaat om die parlement toe te spreek nie.
Sestien EFF-lede word aangekla by die parlement se Magte en Voorregte-komitee.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die toespraak van Gordhan in die parlement ontwrig het.
Die EFF-lede het die komitee vroeër ingelig dat hulle nie verder aan die verrigtinge sal deelneem nie, maar die parlement hof toe gaan neem om die verhoor te stop.

Luister na potgooie hieronder