Die voorsitter van die Covid-19-virus-adviesraad sê die raad het begin om data na ‘n entstof te ondersoek

 Die voorsitter van die Covid-19-virus-adviesraad sê die raad het begin om data na ‘n entstof te ondersoek

Die voorsitter van die Covid-19-virus-adviesraad, Prof Barry Schoub, sê daar is begin om die data te ondersoek van die vrywilligers wat kandidate was vir die toetsing van ‘n entstof.
Volgens Schoub, sal hulle ‘n aanbeveling doen aan die regering oor watter entstowwe om aan te koop, sodra hulle die data nagegaan het.
Hy voer verder aan dat verskeie faktore ‘n rol sal speel as dit kom by die keuse van ‘n enstof.
Hy sê ‘n entstof wat geskik is vir Suid-Afrikaanse toestande moet uitgesoek word.
Luidens vorige berigte sal Suid-Afrika teen die middel van 2021 die eerste besending entstof ontvang.

LeandreAdmin@