Die voortbestaan van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, of Naln, se volgehoue bewaring van die literêre en
musiekerfenis hang van die Afrikaanse taalgemeenskap af.

Dít aldus Paul Colditz, voorsitter van die Vriende van Naln in Bloemfontein.

Dertig jaar gelede het hier 40 vakkundiges by Naln gewerk.

Daar is nou slegs drie vakkundiges en drie assistente.

Colditz het gesê dié handjie vol mense kan onmoontlik alles hier alleen doen.

Boekliefhebbers en versamelaars van ou koerante en tydskrifte, moet beslis nie Saterdagoggend se boekemark in die ou ketelkelder misloop nie.

Die Ketelkelder, is een van die grootste tweedehandse boekwinkels in die Vrystaat.

Die rakke kreun onder letterkundige en historiese werke, vakliteratuur, gebruikte handboeke, ensiklopedieë en Christelike lektuur.

Selfs langspeelplate word hier vir ‘n appel en ‘n ei van die hand gesit.

As deel van Naln se 50ste verjaardagviering kry boekliefhebbers Saterdag 50 persent afslag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×