Die voortbestaan van klein, medium en mikro-ondernemings word bedreig deur staatsdepartemente wat versuim om fakture te betaal. Dit is in ‘n verslag deur die Staatsdienskommissie onthul. Klein besighede sukkel ook om hul finansiële verpligtinge na te kom. Die kommissie sê die regering se gebrek aan betaling aan verskaffers toon ‘n gebrek aan nakoming van regulasies.