Die Voortrekkerplaas, Doornkloof buite Lindley in die Vrystaat het nuwe terreinbestuurders. Netwerk24 berig Chris Ackerman en sy vrou Corli, is sedert 1 Mei die nuwe bestuurspaar van dié geskiedkundige plaas. Die egpaar is oorspronklik van Reddersburg, waar Corli vroeër in die slaghuis op die dorp gewerk het, terwyl Chris in die polisie en die plaaslike veiligheidsdiens was. Die aanstelling van die egpaar volg nadat die vorige terreinbestuurder, Chris Giliomee, die vorige terreinbestuurder, in Februarie oorlede is nadat hy deur vloedwater meegesleur is toe hy leerlinge wat op ‘n koorkamp was na veiligheid wou bring. Chris Ackerman is deel van die Voortrekkers en kamp reeds gereeld die afgelope 30 jaar op Doornkloof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×