Die Voortrekkers in die Vrystaat vier 100ste bestaansjaar met nuwe beeld

Foto: Netwerk24

Die Voortrekkers Vrystaat het Saterdag hulle 100ste bestaansjaar gevier met die onthulling van ‘n splinternuwe vrouebeeld by die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein.

Die beeld stel ‘n vrou voor wat koring saai en is deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging aan Die Voortrekkers geskenk.

Netwerk24 berig Die Saai-monument is gegrond op ‘n brief wat dié onbekende vrou op 4 Augustus 1902 aan haar pa in ballingskap in Ceylon geskryf het.

Hoofleier van Die Voortrekkers, Dr. Danie Langner, het gesê met dié beeld wil hulle ook die simboliek vier van die saaiwerk op kulturele vlak wat Die Voortrekkers doen vir langer as ‘n eeu.

Luister na potgooie hieronder