Die voortslepende konflik tussen die weermag en die RSF-paramilitêre magte in Soendan, wek reuse kommer.

Soedan se weermagbevelvoerder, Abdel Fattah al-Burhan, waarsku dat die oorlog na buurlande kan oorspoel.

Volgens hom is daar nou ‘n uiters dringende behoefte aan internasionale ingryping.

Reuters berig hy het aan die Verenigde Nasies, of VN, gesê meer as 7 500 mense is reeds sedert April vanjaar vermoor, en miljoene is ontheem.

Intussen het Mohamed Hamdan Dagalo, leier van die RSF paramilitêre mag, die bereidwilligheid uitgespreek om ‘n wapenstilstand te verklaar, ten einde humanitêre hulp te help fasiliteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×