’n Studie deur die Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika toon dat die vrees om maatskaplike toelaes te verloor, nie Suid-Afrikaners wat vanjaar gaan stem, sal beïnvloed nie.
Suid-Afrikaners kry op 29 Mei die kans kry om vir provinsiale en nasionale regerings te stem. Die ANC-leier, Cyril Ramaphosa, het vroeër vanjaar kommer uitgespreek dat maatskaplike toelaes geskrap kan word as ‘n ander party aan bewind kom. Sommige opposisiepartye het egter belowe om die maatskaplike toelaes te verhoog as hulle die kans gegun word om die land te regeer.