Die vrou wat eergister, tesame met haar man, buite die Randburgse landdroshof doodgeskiet is, was die klaer in ‘n aanrandingsaak teen vier polisiebeamptes.

Sy sou vandeesweek kruisondervra word. Nadat die dubbele moordklagte Woensdag aanhangig gemaak is, het die hof versoek dat die vier beskuldigdes hulle selfone en
vuurwapens vir verdere ondersoek, inhandig.

Die slagoffers is noodlottig gewond toe ‘n gewapende man glo uit ‘n swart luukse-motor gespring en op hulle losgebrand het.

Sowetan Live berig, by monde van luitentant-kolonel Andile Mankayi, is daar nog geen verdagtes geoormerk nie.

Hy het gesê die tydlyn van gebeure sal deurslaggewend in die ondersoek wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×