Dit sal eerskomende Saterdag presies 110 jaar wees sedert die Vrouemonument by Bloemfontein onthul is.

Luidens Bloemnuus, het die oud-presidentsvrou, Rachel Steyn, wie ook as Tibbie bekend gestaan het, die monument onthul.

Steyn het dit in die afwesigheid van Emily Hobhouse gedoen, aangesien Hobhouse siek geraak het terwyl sy vir die onthulling na Bloemfontein onderweg was.

Doktor Johan van Zÿl, bestuurder van museumgeesteswetenskaplikes by die Oorlogsmuseum, sê die Vrouemonument by Bloemfontein was die eerste van sy soort ter wêreld, om hulde aan die lyding van vroue en kinders in ’n oorlogsituasie te bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×