Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep om TERS weer in te stel

Die Vryheidsfront Plus het ‘n beroep op die regering gedoen om die Werkloosheidversekeringsfonds se tydelike hulpskema oftewel TERS weer in te stel om sakeondernemings, wat restaurante, gimnasiums en die drankbedryf, insluit te help wat weens die hersiene Vlak 4 inperkingsmaatreëls hul deure moes toemaak.

Heloise Denner, die VF Plus se woordvoerder vir Werkskepping en Arbeid, sê hoewel die inperkingsmaatreëls net tot 11 Julie ingestel is, het dié ondernemings nie meer geldelike reserwes oor om hulle deur dié tyd te dra nie.

Volgens Denner het die party reeds vir Thulas Nxesi, die Minister van Werkskepping en Arbeid, skriftelik versoek om TERS weer in werking te stel.

Luister na potgooie hieronder