Die Vryheidsfront Plus plaas die skuld vir plaasaanvalle op die ANC

Die Vryheidsfront Plus plaas die skuld vir plaasaanvalle en -moorde direk op die skouers van die ANC-regering.

Volgens hulle kan dié soort misdaad tot ʼn groot mate beperk word, indien spesialis-eenhede teen plaasaanvalle op die been gebring word.

Die uitlating volg kort na die aanval gisteraand op die Buchner-gesin op die melkplaas Boslaagte, naby Nanaga in die Oos-Kaap.

Werner Buchner is in die aanval dood.

Sy seun Werner en vrou Estelle is met ernstige beserings en skietwonde in ‘n hospitaal opgeneem.

Die aanvallers het van die toneel af gevlug met twee selfone en ʼn onbekende bedrag geld.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Luister na potgooie hieronder