Die Vryheidsfront Plus sê adjunkhoofregter Raymond Zondo se besluit om strafregtelike stappe teen Dudu Myeni in te stel stuur die regte boodskap uit

Volgens die Vryheidsfront Plus stuur adjunkhoofregter Raymond Zondo se besluit om strafregtelike stappe teen Dudu Myeni in te stel die regte boodskap uit oor die Kommissie se erns om korrupsie te ontbloot.

Pieter Groenewald, die party se leier, sê in ‘n verklaring dit is ook belangrik dat regter Zondo streng optree teen diegene wat die Kommissiewet oortree.  Zondo het ook vroeër aangekondig dat hy stappe laat doen teen die voormalige president, Jacob Zuma wat die sitting van die Kommissie sonder toestemming verlaat het.

Groenewald sê dit is in die beste belang van Suid-Afrika dat diegene wat skuldig is aan korrupsie eindelik aangekla en strafregtelik vervolg word vir hul wandade teenoor die belastingbetalers van Suid-Afrika.

Luister na potgooie hieronder