Die Vryheidsfront-Plus sê die regering sal ingrypende stappe moet neem om te verhoed dat Suid-Afrika ‘n algehele misdaadparadys word

Die Vryheidsfront-Plus sê die regering sal dringend moet intree en  ingrypende stappe moet neem om te keer dat Suid-Afrika in  ‘n algehele misdaadparadys ontaard.  So sê VF-Plus-leier, Pieter Groenewald, na die minister van Polisie, Bheki Cele, se bekendmaking van die tweede kwartaal se misdaadstatistiek. Die syfers toon onder meer ‘n toename van 92-persent in gevalle van roof met verswarende omstandighede en 60-persent in kontakmisdade. Groenewald sê die syfers dui daarop dat die polisie vinnig besig is om die stryd teen misdaad te verloor. Hy sê dit dui voorts daarop dat die polisidiens se probleme só diepgewortel is dat die regering niks meer daaraan kan doen nie.

Luister na potgooie hieronder