Die Vryheidsfront Plus se Peter Marais, ‘n lid van die Wes-Kaapse wetgewer, weier steeds om sy uitlating dat swart mense “buitelanders” is terug te trek. Die speaker van die wetgewer, Daylin Mitchell, het hom vanoggend beveel om dit te doen voordat die debat met die tweede lesing van die aansuiweringsbegroting begin het. Mitchell het gesê dit kan nie geduld word as daar na Suid-Afrikaanse van ‘n sekere etnisiteit as buitelanders in hul eie land verwys word nie. Hy het dit as hoogs aanstootlik, onparlementêr en in slegte smaak beskryf en hou vol dat hy nie sulke stereotipering gaan duld nie. Marais is ook gevra om die wetgewer om verskoning te vra. Marais het steeds geweier en gesê hy het historiese feite wat bewys kan word. Marais se opmerking was op 9 Maart.
