Die Vryheidsfront Plus verwelkom die swaar vonnisse vir plaasaanvallers

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat het die swaar vonnisse verwelkom wat aan drie plaasaanvallers in die Harrismith Landdroshof in die Oos-Vrystaat opgelê is.

Drie Mosambiekse burgers het vandag in die hof verskyn en is effektief tot 19 jaar tronkstraf gevonnis.

Luidens berigte is hulle skuldig bevind aan die aanval op Magdaleen Britz en haar plaaswerkers op die plaas Karkloof in November 2020.

Die provinsiale leier van die VF Plus, Jan van Niekerk het die polisie se goeie ondersoekwerk geloof.

Luister na potgooie hieronder